Saturday, April 23, 2011

Goeie Vrydag


hoe kyk ons dan verdwaas
na die Redder van volke
Hy sou so alles
kom verander en regeer
hoe donker hier om ons
hoe koud in die dag
hoe min hul genade
hoe magtig God's krag?
hoe klein ons geloof dan
hoe blind dan ons oë
dat ons nie kan glo
of kan sien op die dag
Hy's dood! Hy's dood....
hoe duister die nag
hier op goeie Vrydag

No comments: