Saturday, April 23, 2011

Maria



my kind, my Kind
wat het dan gebeur
die spykers, die bloed
ek dog Pilatus is goed
die skare word maller
en ek... word net banger
hoe staan jy onskuldig
gelsaan vir die gepeupel
my kind, my Kind
ek sien nog die ster
die herders en engele
die manne van ver
waar is jou vader dan
en ons Vader ook

dis skielik koud
en ek word oud
as ek hoor hoe jy afdaal
na die hel
ook my Hel

No comments: